‘n Groot voordeel van die aankoop binne die Rob Ferreira Aftree-oord is dat ons die verantwoordelikheid behou vir die deurlopende instandhouding van alle gemeenskaplike geboue, sowel as die buitekant van u huis. Ons versorg ook die tuine om die inwoners, werknemers en besoekers die hele jaar deur plesier te gee.