Voelkyk

– Nettie Visser

Benodighede:
Hoed, verkyker, kamera om voels te identifiseer, voëlboek, gemaklike skoene, water en baie geduld.

Voëls by rivier: 
Bont Visvanger. Reuse Reier, Koper Eend, Groot Water hoender, Witbors Suker, Klein Rietreier, Rooibek eend, Klein Rietsanger, Vlei Loerie (gewoon), Visarend, Slang Hals Voël, Groot Waterhoender, Hamerkop Kolgas.

Voels in die Oord:
Gewone Kakelaar, Hoephoep, Jan Frederik, Geelbek Lyster, Rooi-oog Tiptol, Kaapse Glasogie, Fiskaal Vleivanger, Hadeda, Kuifkop Houtkapper, Rooikop Houtkapper, Selspreeu, Suikerbekkie, Rooiwang Muisvoël, Blousysie, Paradys Vlieëvanger, Kardinaal Speg, Gewone Speketer, Bruin Kop Visvanger, Kalahari Wipstert, Groot Heuningwyser, Muisvoels, Bleiksing Valk, Albino Tiptol (Baie seldsaam), Gevlekte Luister, Dikkop Nonnetjies Uil en Witpens Suikerbekkie.


Mesmaak

– Jan Visser

Ek het in 2011 begin om messe te maak. Boet van Sitterd, wat al 25-30 jaar messe maak, het in E15 gebly. Hy het gehoor dat ek ‘n gereedskapmaker van ambag is en het my gevra of ek hom kan help om 50 knipmesse te maak. Hy het al die masjiene en materiaal gehad. Ek het by hom die messe gemaak en die helfte van die bedrag gekry. So het ek toe my eie masjiene gekoop en by my huis begin messe maak. Ek gebruik Sandvik 12C27 en 14C28N staal, wat van Swede af kom, is spesiaal ontwerp vir meslemme en chirurgiese instrumente. Die lemme word hardgemaak in furniese oond teen 1070 grade en in olie afgekoel, dan in oond getemper teen 180 grade vir 1 uur.

Messe kan by my bestel word. My kontaknommer is: 082 750 6555