Hulle sê die lewe begin op 50… Ons stem beslis saam!

Rob Ferreira Aftreeoord is geleë langs die Vaalrivier, op N12 ongeveer 4 km vanaf Christiana in die Noordwes Provinsie.

Die welbekende Rob Ferreira vakansieoord is omskep in ‘n Aftreeoord vir mense, vanaf 50 jaar en ouer.

Lewensreg aftree-oord waar jy in die kapitaalgroei deel.

Lewensstyl met warm klimaat, blou kristal helder vars lug, eindelose blou hemel, sterbelaaide nagruim, waar jy jou aftrede, met sorgvrye dae, kan geniet.

76 Verskillende grasdakhuise wat in 5 kronkelstrate gebou is om elkeen se sak te kan pas. Die huise is met rustige, mooi, goedversorgde tuine omlyn is.

Rustige, mooi, goedversorgde tuine.

Troeteldiere word nie toegelaat, maar jy kan met jou klein skoothondjie kom!

Afstand van groot dorpe en stede

Bloemfontein 180 km, Kimberley 100 km, Klerksdorp 180

Mediese Sorg

  • Versorgingseenheid 3 km vanaf Oord.
  • Dokters in Christiana en omliggende dorpe.
  • Besig om Christiana Hospitaal te vergroot.
  • Oord het mediese noodhulpspan met gekwalifiseerde personeel.
  • Naby Kimberley en Bloemfontein – hospitale en dokters.

Veiligheid

  • Ingang na Oord word met sekuriteitshekke beveilig.
  • Oord is omhein.
  • Boss sekuriteitswagte patrolleer.

Ontspanning

  • Visvang
  • Biblioteek
  • Rivieroewer
  • Speletjies
  • Kaartspeel
  • Stap , Fietsry  Draf
  • Swembad
  • Begin jou stokperdjie klub
  • Sosiale geleenthede
Sluit aan by klubs of begin jou eie begin jou stokperdjie klub!

Leefstyl

  • Winkels & Koopsentrums
  • Restaurante
  • Vulstasies
  • Banke
  • Haarsalonne
  • Hardewarewinkels
  • Apteek
  • Kooperasie
  • Kerke

Besienswaardighede

  • Beefmaster voerkraal
  • Bloemhofdam
  • Christiana Rivieroewer
  • Aartappelplase
  • Wesgrow – aartappels
  • Callaho Warmblood perdeplaas
  • All Seasons Hotel – Game drives
  • Rascal moerkwekers laboratorium
  • Peace Haven Friesperde
  • Neute & Olywe – Hartsvallei
  • Bighole & Flamingo Casino – Kimberley

Jy verdien dit!