Geskiedenis

Geskiedenis van die Rob Ferreira Aftree-oord

 

Die bekendstelling van die Rob Ferreira Aftree-Oord in die vroeë 2000 het groot belangstelling gelok. Geleë langs die Vaalrivier, ongeveer 4 km vanaf Christiana, is Rob Ferreira die ideale aftree-plekkie vir diegene wat opsoek is na ‘n rustige atmosfeer en waarde vir geld behuising.

Jan Goosen en Hester Keyter, die nuwe eienaars van die Rob Ferreira Aftree-Oord, het die oord in Maart 2015 gekoop en hulle is bly dat hulle ‘n verskil in mense se lewens kan maak deur die uitbreiding van die Rob Ferreira Aftree -Oord. Hierdie is werklik ‘n plekkie waar mense tuis kan voel tussen ‘n gemeenskap waar almal maklik vriende maak.

‘n Verskeidenheid eienaarskapvorme tussen lewensreg of deeltitel opsies is beskikbaar. Daar is reeds tans sewe-en tagtig Aftree-eenhede gebou en daar is nog sowat 150 eenhede wat beskikbaar is om gebou te word. Die pryse van die eenhede wissel vanaf R 450 000,00 tot en met R 1 200 000,00. Nagelang van die eienaar se persoonlike behoeftes is daar twee en drie slaapkamer eenhede beskikbaar.

Wat sê ons inwoners?

Joey Sibthorpe Els, voormalige inwoner van die Rob Ferreira Aftree-oord, deel haar ondervinding.

img

Die rivier is so 300+ meter van die oord af en ver bokant die vloedwaters. Dis daar waar my oorlede man ook groot knewels uitgetrek het. Ons was ook gereelde pasiënte by die Hospitaal en het ons pille getrou en op tyd gekry, bloed laat trek. Sou ons spesialiste moes besoek word ons met die Hospitaal bussie vervoer na Vryburg vir oë of ore of Klerksdorp vir enige ander gesondheidsprobleme en dis alles verniet. Alternatief gaan na Drs. Pieters en hulle verwys jou na Bloemfontein of Kimberley op jou onkostes. Rob Ferreira inwoners is van die gaafste mense wat jy nêrens anders sal kry nie. Hulle is hulpvaardig en koester mense. Dis die beste plek waar jou siel en liggaam bymekaar kan uitkom rustig veilig en baie aangename mense om mee saam te bly.

Joey Sibthorpe Els - 19/10/2020