Dis 'n lewensstyl...

Warm klimaat, kristal skoon vars lug, eindelose blou hemel, sterbelaaide nagruim, waar jy jou aftrede, met sorgvrye dae, kan geniet.

Die lewe begin op 50!

Lewensstyl met warm klimaat, blou kristal helder vars lug, eindelose blou hemel, sterbelaaide nagruim, waar jy jou aftrede, met sorgvrye dae, kan geniet. Rob Ferreira Aftreeoord is geleë langs die Vaalrivier, op die N12 ongeveer 4 km vanaf Christiana in die Noordwes Provinsie.

Veiligheid

Ingang na oord word met sekuriteitshekke beveilig, volledig omhein en Boss sekuriteitswagte.

Mediese Sorg

Versorgingseenheid, dokters in Christiana en omliggende dorpe, mediese noodhulpspan met gekwalifiseerde personeel.

Oornag Chalets

Die Rob Ferreira Aftree-Oord beskik ook oor ‘n aantal Oornag Chalets wat die perfekte plek is om te oornag, na en vanaf die Kaap.

Lewensreg aftree-oord waar jy in die kapitaalgroei deel

76 Verskillende grasdakhuise wat in 5 kronkelstrate gebou is, om elkeen se sak te kan pas, wat met rustige, mooi, goedversorgde tuine omlyn is.

Wat sê ons inwoners?

Joey Sibthorpe Els, voormalige inwoner van die Rob Ferreira Aftree-oord, deel haar ondervinding.

img

Die rivier is so 300+ meter van die oord af en ver bokant die vloedwaters. Dis daar waar my oorlede man ook groot knewels uitgetrek het. Ons was ook gereelde pasiënte by die Hospitaal en het ons pille getrou en op tyd gekry, bloed laat trek. Sou ons spesialiste moes besoek word ons met die Hospitaal bussie vervoer na Vryburg vir oë of ore of Klerksdorp vir enige ander gesondheidsprobleme en dis alles verniet. Alternatief gaan na Drs. Pieters en hulle verwys jou na Bloemfontein of Kimberley op jou onkostes. Rob Ferreira inwoners is van die gaafste mense wat jy nêrens anders sal kry nie. Hulle is hulpvaardig en koester mense. Dis die beste plek waar jou siel en liggaam bymekaar kan uitkom rustig veilig en baie aangename mense om mee saam te bly.

Joey Sibthorpe Els - 19/10/2020

Meer inligting?

Kontak ons gerus vir meer inligting. Ons sien uit na u besoek!

Opknap van Webwerf

Welkom by ons nuwe webwerf!

Ons skop die nuwe jaar af met ‘n webwerf met meer inligting en foto’s as ooit te vore. Kom loer gerus gereeld in om op datum te bly van ons wêreld.